Wanneer mens in 'n stad woon is daar niks lekkerder as om uit die stad uit weg te kom nie, maar dis nie altyd moontlik nie. Die volgende beste opsie is om op 'n strand, 'n park of natuurarea in die stad te gaan stap. Al drie Suid-Afrika se groot kusstede het baie gewilde wandelroetes langs hulle onderskeie strandfronte. Dit maak nie saak op watter strandfront jy stap nie, elkeen het sy eie bekoring, pragtige uitsigte en verskillende besienswaardighede. Die Kaapstadse strandfront kyk meesal uit oor Valsbaai met die berg in die agtergrond. Die foto is geneem vanaf Seepunt en kyk terug na Groenpunt met die Groenpuntvuurtoring aan die regterkant.
Wednesday, July 18, 2012
Groenpunt
Kategorieë:
Kaapstad,
kuslyn,
vuurtorings,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
300 Beach Rd, Cape Town 8060, South Africa
Sunday, July 15, 2012
Kaap Recife Natuurreservaat
Die Kaap Recife Natuurreservaat in Port Elizabeth beslaan omtrent 370 hektaar om die westelike punt van Algoabaai. Die reservaat is idiaal vir voëlkyk beide aan die kus en om die waterherwinningspoele. Die beste manier om die reservaat te verken is om op die 9km lange Roseate Tern wandelroete gaan. Die roete begin by SAMREC (South African Marine Rehabilitation and Education Centre), 'n pikkewyn reddingssentrum, voor dit by die waterherwinningspoele verby gaan. Die roete lei dan deur plantbedekte sandduine en verby 'n uitkykpos wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer. Langs die kus sluit die roete die Kaap Recife vuurtoring in wat in 1851 gebou is en stap jy al langs die kus af terug tot by SAMREC.
Kategorieë:
kuslyn,
natuurreservaat,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Marine Dr, Port Elizabeth 6011, South Africa
Wednesday, July 11, 2012
Twaalf Appostels
Die Tafelbergreeks strek van Tafelberg tot by Kaappunt en het heelwat bekende pieke en landmerke wat deel van die bergreeks uitmaak. Bo en behalwe Tafelberg self is daar ook Leeukop, Duiwelspiek en Seinheuwel met die Twaalf Appostels wat die mees prominente pieke aan die Atlantiese kant van die Skiereiland is. Die Twaalf Appostels maak vir die perfekte agtergrond teen die luukse strande van Clifton en Kampsbaai.
Kategorieë:
berge,
Kaapstad,
Skiereiland,
Tafelberg,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
135 B Victoria Rd, Cape Town 8040, South Africa
Sunday, July 8, 2012
Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê
Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê,
daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê,
daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê,
dis die haan wat op die kerk se toring staan.
Wanneer ek reis en deur 'n klein dorpie ry soek ek altyd na historiese geboue en interessante plekke om te besoek en 'n foto van te neem. Die eerste ding wat ek doen wanneer ek 'n ou kerk teëkom is om op te kyk na die kerktoring om te sien of daar 'n weerhaan bo-op is. Die beste ding is dat hulle amper nooit dieselfde is nie en daar altyd 'n nuwe een is om te sien.
Friday, July 6, 2012
Eersterivier sonsondergang
Kategorieë:
kuslyn,
Ooskaap,
sonopkoms / sonsondergang,
Tsitsikamma,
Tuinroete
Waar is die fotos geneem:
R102, South Africa
Wednesday, July 4, 2012
Tsitsikamma inheemse woud
Driehonderd jaar gelede het die inheemse woude van die Suidkaap al die pad van omtrent Mosselbaai tot by Humansdorp in die ooste gestrek. Gedurende die laat 18de en die 19de eeu is groot dele van die woude afgekap om die aanvraag van hout vir die bou van skepe, die spoorweë, geboue en meubels te bevredig. Dit gepaart met die groot vuur van 1869 en moderne ontwikkeling het daartoe gelei dat daar vandag net 'n klein persentasie van die oorspronklike woud oor is met die grootste dele in die Knysna en Tsitsikamma omgewings. Die meeste van hierdie oorblywende woude word vandag streng beskerm en val binne die Tuinroete-nasionale park. Die Plaatbos Natuurreservaat seksie van die woud is geleë in die Stormsrivier area aan die oostekant van die park.
Kategorieë:
Ooskaap,
Tsitsikamma nasionale park,
Tuinroete,
Tuinroete-nasionale park,
woude
Waar is die fotos geneem:
36 Darnell St, Stormsrivier 6308, South Africa
Monday, July 2, 2012
Volstruisresies
Hoeveel mense kan op hulle cv skryf dat hulle 'n professionele volstruisjoggie is? Nie baie nie, maar as jy hulle in aksie wil sien is die beste plek een of twee van die volstruisplase net buite Oudtshoorn. Die volstruisresies in die foto vind plaas by Safari Volstruisplaas 'n paar kilometer buite dié bekende Klein Karoo dorp.
Kategorieë:
Klein Karoo,
Oudtshoorn,
voëls,
volstruisplaas,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R328, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)

