Op die eerste Sondag van die maand stroom baie families met klein (en ander met nie so klein) kinders na die Port Elizabeth Model Locomotive Society se maandelikse oop dag. Families staan al van vroeg af tou om op die treintjies te ry met veral die stoom lokomotiewe wat baie aftrek kry. Die rit vat wel net 'n paar minute, maar sluit in 'n tonnel, die Groot Grasrivier brug en 'n paar draaie deur die gronde in. En die beste van alles. Dit kos net ongeveer R6 per rit.
Monday, December 3, 2012
Klein treintjies
Kategorieë:
kinder aktiwiteite,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
treine,
vervoer
Waar is die fotos geneem:
33 Stella Londt Dr, Port Elizabeth 6045, South Africa
Monday, November 26, 2012
Kaap die Goeie Hoop
Die Kaap die Goeie Hoop is die naam van die mees suid-westelike landpunt van Afrika en is letterlik 'n klipgooi van Kaappunt af geleë. Dit is tradisioneel (en verkeerdelik net soos met Kaappunt) geag as die punt waar die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan mekaar ontmoet, terwyl die eintlike ontmoetingspunt verder ooswaarts by Kaap Agulhas - Afrika se mees suidelikste punt - is. Die koue Benguelastroom wat van Antarktika af noord vloei, ontmoet wel die warm Agulhas-stroom naby die Kaap die Goeie Hoop.
Die meeste besoekers aan Kaappunt besoek ook die Kaap die Goeie Hoop en met sekere tye staan mens omtrent in 'n tou om 'n kans te kry vir 'n foto by die bordjie (soos ek hier maak).
Kategorieë:
Kaapstad,
kuslyn,
Tafelberg Nasionale Park,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
Unnamed Rd, Cape Town, South Africa
Monday, November 19, 2012
Noetzie - Kastele op die strand
So 'n paar kilometer buite die Tuinroete dorp Knysna, aan die einde van 'n grondpad, is 'n baie unieke plek met die naam Noetzie. Noetzie (Khoi-San vir Donker Water) het 'n pragtige strand en strandmeer omring deur inheemse woude, maar wat Noetzie laat uitstaan is die feit dat daar verskeie kastele langs die strand is. Die area is reg van Knysna se begin jare af 'n plekkie waar die plaaslike inwoners oor naweke gaan kamp het. Die eerste kasteel is in 1932 uit plaaslike klip as 'n vakansiehuis gebou met verskeie ander wat in die volgende paar dekades gevolg het.
Waar is die fotos geneem:
10 Fairlead Way, Knysna 6571, South Africa
Tuesday, November 13, 2012
Kaappunt se vuurtorings
Kaappunt in die Kaap van Goeie Hoop Natuurreservaat is seker een van die plekke wat die meeste besoekers ontvang in Suid Afrika. Alhoewel Kaappunt nie die mees suidelikste punt in Afrika is nie, is dit die suidelikste punt van die Kaapse Skiereiland en een van die plekke waarheen besoekers gaan as hulle om die Skiereiland toer. Die ou Kaappuntvuurtoring by Kaap Maclear is een van twee vuurtorings by Kaappunt en kan bereik word deur of die trappies te klim of die makliker opsie wat die Vlieënde Hollander kabelbaan is te gebruik. Die ou vuurtoring is op 1 Mei 1860 opgerig op 'n hoogte van 249 meter bo seevlak. Die toring was egter te hoog en is gereeld in die mis waar dit dan nie deur skepe gesien kon word nie. Nadat die Lusitania, 'n Portugese skip, op 18 April 1911 gestrand het, is daar besluit om 'n nuwe toring op te rig.
Wanneer mens opgeklim het tot by die ou vuurtoring kan jy Kaappunt self met sy loodregte kranse sien waar dit afreik tot waar die see op die rotse breek.
Reg onder op Dias Punt is die "nuwe" Kaappuntvuurtoring. Die hoeksteen van die nuwe toring is op 25 April 1914 gelê, maar dit is eers na die Eerste Wêreldoorlog voltooi en in gebruik geneem. Die toring se lamp wat omtrent 87 meter bo seevlak lê is teen sonsondergang op 11 Maart 1919 deur 'n driejaaroue meisie, Thurl Cooper, dogter van die die vuurtoring ingenieur H.C. Cooper, aangesteek. Die nuwe Kaappuntvuurtoring is die kragtigste in Suid-Afrika en die 10 000 000 kerskrag lig flits drie keer elke dertig sekondes.
Kategorieë:
Kaapstad,
kuslyn,
natuurreservaat,
Tafelberg Nasionale Park,
vuurtorings,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
Cape Point, Table Mountain National Park, Cape Town, South Africa
Friday, November 9, 2012
Stormsriviermond hangbrûe
Die Tsitsikamma Nasionalepark op die Tuinroete is een van die mooiste plekke in Suid-Afrika met sy inheemse woude, loodregte kranse en pragtige kuslyn. Die 1 km lange mondwandelpad van die ruskamp tot by Stormsriviermond is die gewildste staproete in die park en die hoogtepunt is die drie hangbrûe by die riviermond self. Die oudste een van die drie steek die rivier oor terwyl die twee mees onlangse toevoegings oorgesteek word soos mens die rivier met die paadjie langs nader. Die enigste waarskuwing wat ek het vir besoekers is dat daar baie trappies op die staproete is en nie sommer aangepak moet word as mens moelik stap nie.
Kategorieë:
brug,
Ooskaap,
rivier,
Tsitsikamma,
Tsitsikamma nasionale park,
Tuinroete
Waar is die fotos geneem:
N2, South Africa
Tuesday, November 6, 2012
Sondagsrivier Veerboot
Colchester net buite Port Elizabeth is a rustige plekkie en is baie gewild met vakansiegangers en stadsjapies wat oor die naweek bietjie wil wegkom en die Sondagsrivier geniet. Behalwe die rivier is die twee ander groot aantreklikhede die Addo Nasionale Olifantpark wat se suidelike hek in Colchester uitkom en die reuse sandduine aan die ander kant van die rivier. Die Sondagsrivier Veerboot doen daaglikse ritte in die oggend and laat middag met die rivier af waarna mens teen die duine kan opklim om die fantastiese uitsig van bo af te geniet.
Kategorieë:
Ooskaap,
Port Elizabeth,
rivier,
toerisme attraksies
Waar is die fotos geneem:
N2, Port Elizabeth, South Africa
Wednesday, October 31, 2012
Steve Biko tronksel
Steve Biko is een van Suid Afrika se bekendste anti-apartheid aktiviste en is op 11 September 1977 oorlede nadat hy deur die polisie mishandel en aangerand is. Biko is naby Port Elizabeth gearresteer en in die Walmer Polisiestasie aangehou voor hy ondervra en aangerand is. Hy is agter in 'n voertuig gegooi en vervoer Pretoria toe waar hy oorlede is. Ek het onlangs die geleentheid gekry om die polisiesel te besoek waar hy in Walmer aangehou is en dink alhoewel dit nie aan die publiek oop is nie is dit regtig iets wat toeriste sal wil sien.
Kategorieë:
Ooskaap,
politieke geskiedenis,
Port Elizabeth
Waar is die fotos geneem:
124 Main Rd, Port Elizabeth 6065, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)



