Ons weet almal van die mitiese feniks wat uit die vuur en as uit opgerys het, maar wat gemaak as mens skielik 'n swartkopreier in 'n veldbrand sien? Is dit 'n feniks van ander vere? Dit het nie lank geneem om te sien wat regtig aan die gang was nie. Die veldbrand het sprinkane en ander insekte voor dit uitgejaag en die reier het letterlik net rondgestaan terwtl sy middagete na hom toe aangekom het.
Thursday, May 31, 2012
Vuurvoël
Tuesday, May 29, 2012
Die Uilhuis in Nieu-Bethesda
Suid-Afrika is vol van klein dorpies met interessante verhale en plekke om te ontdek, maar een van die wat baie hoog op enige iemand se lys behoort te wees is die Uilhuis in die Karoodorp Nieu-Bethesda. Nieu-Bethesda lê so 50km noord van Graaff-Reinet en is in 1838 deur Charles Murray, 'n Nederduitse Gereformeerde dominee van Graaff-Reinet, gestig. Met die stigting van die dorp het hy gesê, "En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen" vanwee die vrugbaarheid van die plek en die aanwesigheid van voldoende water.
.
.
Nieu-Bethesda was die tuiste van Helen Martins (1897-1976) wat haar ouers se huis op die dorp geêrf het na hulle dood. Miss Helen het verveeld geraak met haar lewe en omgewing en begin om die huis en tuin te versier met sement, glas en draad. Sy het later standbeelde in die tuin begin bou en is geinspireer deur tekverse uit die bybel, die poësie van Omar Khayyam en verskeie kunswerke deur William Blake. Koos Malgas het in 1964 vir haar begin werk en haar gehelp om standbeelde van uile, kamele en mense op te tower. Die meeste van die mense in die tuin kyk en wys oos omdat Miss Helen so 'n fasinasie met die Ooste gehad het.
.
.
Al die jare se werk in en om die huis met gebreekte glas het Helen Martin se oê aangetas en sy het begin blind word. As gevolg van dit het sy in 1976 op die ouderdom van 78 selfmoord gepleeg deur bytsoda (caustic soda) te drink. Haar wens was dat die huis behoue sou bly as 'n museum en dit is hoe dit vandag nog is. Die Uilhuis is regtig 'n plek waar jy jouself in jou eie gedagtes kan verloor. In my eie tuin het ek 'n uil wat ek oorkant die pad van die Uilhuis gekoop het en dit herhinder my daagliks aan my besoek aan hierdie spesiale plek.
Kategorieë:
Karoo,
museum,
Nieu-Bethesda,
Ooskaap
Waar is die fotos geneem:
Grave St, Nieu-Bethesda 6286, South Africa
Friday, May 25, 2012
Golden Gate
Een van Suid-Afrika se bekendste nasionale park landmerke is die Brandberg in die Golden Gate Hoogland-nasionale park in die Oos-Vrystaat. Maak nie saak of dit wit gesneeu is in die winter of gras groen is in die vroeë somer nie, dis altyd 'n welkom gesig vir reisigers oppad uit die Vrystaat na KwaZulu Natal se kant toe. Maar moenie net deurry nie, stop vir 'n dag of twee en verken die area.
Kategorieë:
Golden Gate Hoogland-nasionale park,
landskappe,
Vrystaat
Waar is die fotos geneem:
R712, Golden Gate Highlands National Park, South Africa
Tuesday, May 22, 2012
Durban sonopkoms
Die begin van nog 'n pragtige dag in Afrika.
Ek het hierdie foto van die son wat oor Suidstrand opkom geneem uit my 9de verdieping hotelkamer gedurende die onlangse Indaba uitstalling in Durban .
Kategorieë:
Durban,
KwaZulu Natal,
sonopkoms / sonsondergang
Waar is die fotos geneem:
63 O R Tambo Parade, Durban 4001, South Africa
Thursday, May 17, 2012
Tsitsikamma kuslyn
Die Tsitsikamma, plek van baie water, is sonder twyfel een van Suid-Afrika se asemrowendste streke. Digte groen inheemse woude waar woudreuse van oor die 800 jaar oud staan word van die blou see geskei deur loodregte kranse. 'n Ongerepte kuslyn met wit skuimende branders wat hulleself te pletter slaan op swart rotse. Dolfyne en walvisse, otters in 'n sloep, luiperds teen die berg en die skugter Knysnaloerie wat tussen die boomtoppe rondbeweeg. Stories van houtkappers uit die ou dae, olifantvoetpaaie en wie weet, miskien 'n bosgees of twee. Duidelik een van die mooiste en aanloklikste landskappe aan ons land se kus.
Kategorieë:
kuslyn,
landskappe,
Ooskaap,
Tsitsikamma,
Tuinroete
Waar is die fotos geneem:
R102, South Africa
Wednesday, May 9, 2012
Die klein dingetjies
Dis so maklik om as reisiger soveel op die groot dinge te konsentreer dat mens die klein goedjies miskyk. Gedurende 'n besoek aan Addo Elephant Back Safaris in die Zuurberge net langs die Addo Olifant Nasionale Park het ons onder andere saam met die olifante gaan stap. Terwyl hulle water gedrink het het ek hierdie skoenlappertjie langs die dammetjie gekry en hy het lank genoeg stilgesit sodat ek langs hom kon gaan lê om die foto te kry.
Monday, May 7, 2012
Swartberg plaashek
Suid-Afrika bied inwoners sowel as besoekers 'n ongelooflike verskeidenheid van landskappe om te verken, geniet en foto's van te neem. Hierdie foto is geneem oppad na die Swartbergpas vanaf Oudtshoorn.
Kategorieë:
berge,
Klein Karoo,
landskappe,
Oudtshoorn,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R328, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)





