Pages

Friday, June 29, 2012

Nelson Mandela Square

Nelson Mandela Square is geleë in die hartjie van Sandton, Johannesburg en die fokuspunt van Nelson Mandela Square is 'n ses meter hoë brons standbeeld van die bekende staatsman homself.  Die standbeeld is in 2004 onthul om nie net die tiende verjaardag van Sandton City winkelsentrum te vier nie, maar ook 10 jaar van demokrasie.
Die standbeeld self staan nie net ses meter hoog nie, maar weeg ook 2,5 ton.  Ek wonder of Kobus Hatting en Jacob Maponyane, die kunstenaars verantwoordelik vir die standbeeld, ooit gedink het dat dit seker die mees gefotografeerde standbeeld in Suid-Afrika sou word.

Tuesday, June 26, 2012

Sweef teen sonop met 'n Warmlugballon

Ahhhhhh, om rustig te sweef deur die lug terwyl die son opkom in die ooste. Die stilte word net gebreek deur die klank van die vlam wat kort kort meer warm lug in die ballon inblaas. 'n Uitsig soos min met plaaswerkers wat oppad is lande toe doer onder jou and die Hartebeespoortdam wat glinster in die verte.  Daar is bitter min dinge wat naby kom aan 'n warmlugballon vlug saam met die legendariese Bill Harrop homself.
Ek moet eerlik wees en sê dat 'n vlug op 'n warmlugballon nie regting op by bucketlist was nie omdat ek hoogtevrees het, maar toe ek die kans kry om op 'n vlug te gaan het ek nie nee gesê nie.  Die eerste deel van die vlug het ons reedelik laag gevlieg en vir my was dit die lekkerste deel van die vlug.  Diep in my hart het het bebid dat ons nie regtig baie hoër sal gaan nie, maar ek het geweet dat dit uiteindelik sal kom.
En dit het.  Ek kon hoor die ander mense in die mandjie was baie opgewonde toe Bill aankondig dat dit nou tyd is om bietjie hoogte te kry.  Ek was nie heeltemal so seker nie.  Op, op, op het ons gegaan en op 'n stadeem het ons 1000 meter bo die grond gesweef.  My vingers al hoe dieper in die mandjie se rand probeer indruk en my hart het in my keel geklop.  Maar die adrenalien het gepomp and ek het dit darem reggekry om een of twee fotos daar van bo af te neem. 
Vir 'n uur of so het ek gevoel soos 'n arend wat op die lugstrome sweef, maar voor jy dit weet stryk ons neer en pik die ondersteuningsvoertuig ons op op betyds terug te wees vir ontbyt.  Dit was regtig 'n wonderlikke ervaring om te onthou en oor en oor vir mense van te vertel.  Iets wat ek enigetyd weer sal doen.

Thursday, June 21, 2012

Die gezoem van die bye

Daar is 'n gesegde wat sê: "Gaan groot of gaan huis toe".  Miskien het hierdie heuningby dit gedink op haar daaglikse nektar ronde.  Hoekom nou in klein blommetjies gaan rondkrap as daar 'n perfekte goeie Koningsprotea is om in te gaan nektar versamel.

Tuesday, June 19, 2012

Slakdop

Ek kan dit nie genoeg sê nie en julle sal dit nog seker baie hoor, maar mense is geneig om altyd vir die groot goed te soek en dan die klein dingetjies te mis.  Klein dingetjies soos 'n eenvoudige slakdop op 'n blaar.

Monday, June 18, 2012

Voortrekkermonument

Die monument wat seker die naaste aan die hart van meeste Afrikaners in Suid-Afrika is is die Voortrekker Monument net buite Pretoria.  Die veertig meter hoë monument is in 1949 voltooi en is gebou ter ere van die Voortrekkers wat die Kaapkolonie vanaf 1838 verlaat het en noord na die Vrystaat, die ou Transvaal (vandag Gauteng) en Natal (KwaZulu Natal) met al hulle besittings op ossewaens getrek het. 

Friday, June 15, 2012

Die padda wou gaan opsit...

Een van die heel eerste fotos wat ek geneem het toe ek my eerste digitale kamera gekoop het was 'n padda in 'n poel onder 'n waterval in die Tsitsikamma-nasionalepark.  Elke keer as die na die foto kyk dan hoor ek die kinderliedjie van die padda wat wou gaan opsit.  So sommer net vir snaaks wees plaas ek die liedjie se woorde.

Die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei,
maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry
aham aham aham

Hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur ,
die vuurvlieg sê toe ja teen ‘n sent ‘n uur
aham aham aham

Die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis ,
die huis in die vlei van mejuffou muis
aham aham aham

Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen,
het hy hierdie onstellende nuus verneem
aham aham aham

Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys,
hy sou moes opsit saam met padda en sy muis
aham aham aham

Die padda het die vuurvleig maar huistoe gestuur aham,
die padda het die vuurvlieg maar huistoe gestuur aham,
want ‘n opsit lig teen ‘n sent ‘n uur
en 'n luistervink daarby is gans te duur
aham aham aham

Wednesday, June 13, 2012

Sokkerstad

Sokkerstad, ook bekend as die FNB Stadion, in Johannesburg is die grootste stadion in Afrika en kan net minder as 95,000 mense akkommodeer.  Die stadion is opgegradeer net voor die 2010 FIFA Wêreldbeker en het die bynaam Kalbas gekry omdat dit soos 'n tradisionele Afrikapot lyk.