Met sy inheemse woude vasgedruk tussen 'n pragtige kuslyn en die Tsitsikammabergreeks en bruingekleurde riviere wat daardeur vloei is die Tsitsikamma een van my gunsteling plekke in Suid-Afrika. Wanneer mens die dorpie Stormsrivier besoek vind jy hierdie ou bosbouhuisies langs Eikelaning wat van die dorpie na die ou pad deur die woud lei.
Tuesday, September 18, 2012
Houtkappershuisie
Kategorieë:
Ooskaap,
Tsitsikamma,
Tuinroete,
woude
Waar is die fotos geneem:
107 Darnell St, Stormsrivier 6308, South Africa
Monday, September 10, 2012
Knysnakoppe
Die Knysnakoppe by Knysna in die Weskaap is een van Suid Afrika se bekendste natuurlike landmerke en word gereeld in reistydskrifte en brosjures gesien. Die Koppe is ook een van die gevaarlikste ingange tot 'n natuurlike hawe in die wêreld met menige bote wat al hier deur die branders omgeslaan is of op die rotse geloop het.
Kategorieë:
Knysna,
kuslyn,
landskappe,
Tuinroete,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
4 View Point, Knysna 6571, South Africa
Tuesday, August 21, 2012
Bloukransbrug Bungee
Teen 216 meter hoog is die Bloukransrivierbrug op die grens tussen die Ooskaap en Weskaap die hoogste brug in Afrika. Die brug is een van vyf enkelboogbetonbrûe op die N2 tussen Port Elizabeth en Plettenbergbaai en is 415meter lank. Maar dis nie regtig hoekom ons hier is nie, is dit?
Die eintlike rede hoekom die Bloukransrivierbrug bekendheid verwerf het is die feit dat dit ook is waar die hoogste brugrekspronge (bungee) in die wêreld plaasvind. Alhoewel honderde adrenalienverslaafdes elke jaar van die brug afspring met 'n tou om hulle enkels dink ek dat mens ten minste 'n klein bietjie van lootjie getik moet wees om jouself daar af te gooi. As jy na die ouens (en meisies) kyk na hulle weer van die brug afkom is die een ding wat mens wel dadelik raaksien die "post bungee grin" wat heeltemal om hulle koppe sou gaan as hulle nie ore gehad het nie.
Ek voeg hierdie derde foto by net om te wys hoe een van daai malletjies lyk daar waar hulle tussen hemel en aarde hang.
Waar is die fotos geneem:
N2, South Africa
Friday, August 17, 2012
Klein Karoo sonsondergang
Die son gaan onder oor die Klein Karoo. Dis die einde van 'n snikhete somersdag en die horison is besig om te verkleur. Blou raak goud raak donkerder. Daar is nie 'n briese wat trek nie met die enigste beweging 'n volstruis wat teen 'n draadheining afloop.
Kategorieë:
Klein Karoo,
sonopkoms / sonsondergang,
volstruisplaas,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R62, South Africa
Tuesday, August 14, 2012
Karel Landman monument
Mens is so gewoond om monumente in dorpe en stede asook langs groot paaie te sien, maar daar is wel monumente wat min mense te sien kry weens waar hulle gelee is. Die Karel Landman Monument is een van dié en kan gesien word op 'n grondpad so 'n entjie van R72 tussen Port Elizabeth en Alexandria af. Karel Landman het in die omgewing geboer tot 1837 voor hy een van die prominente Voortrekker leiers geword het. Landman het 'n groep van omtrent 180 trekkers en hulle werkers oor 'n afstand van 885 kilometer gelei tot in Natal. Hy het ook 'n groot rol gespeel in die Slag van Bloedrivier asook verskeie ander skermutselings met die Zulus.
Die monument is in 1938 opgesit deur 'n samewerking tussen die kerksrade van die NG Kerke in Alexandria en Patterson. Die probleem was dat die kerke nie kon besluit in watter dorp die monument moes opgaan nie en so is daar toe besluit op 'n koppie halfpad tussen die dorpe. Die monument bestaan uit 'n 3 meter groot aardbol met 'n ossewa wat oor die breedte van Suid-Afrika strek. Die monument begroet mens so half onverwag terwyl jy op die grondpad ry en mens kan amper nie help om te stop en dit van naderby te bekyk nie.
Kategorieë:
Groot Trek,
monumente,
Ooskaap
Waar is die fotos geneem:
R72, South Africa
Sunday, August 12, 2012
Tafelberg van oorkant Tafelbaai
Tafelberg is die Moederstad en sekerlik Suid-Afrika se bekendste landmerk. Die berg is 'n UNESCO Wêrelderfenisgebied asook een van die Sewe Natuurwonders van die wêreld. Dit is ook my berg. Of altans so voel dit. Ek het nog nooit in Kaapstad gewoon nie, maar wanneer ek die berg sien dan is dit asof ek huistoe verlang. Ek groet die berg elke keer as ek in die Kaap aankom en weer as ek vertrek. Daar is 'n band van een of ander soort tussen ons. Tafelberg, my berg.
Waar is die fotos geneem:
49 Stadler Rd, Cape Town 7441, South Africa
Friday, August 10, 2012
Plettenbergbaai sonopkoms
Sonopkoms en sonsondergang fotos is van my gunsteling fotos om te neem. So rukkie terug het ons 'n naweek op Plettenbergbaai deurgebring. Dit was 'n bibberend koue oggend en ek het maar gesukkel om uit die bed te kom, maar wou graag op die strand wees vir sonopkoms. Dit was die moeite werd, want daardie oggend het ek van my gunsteling sonopkoms fotos geneem. Die enigste probleem was dat ek gevoel het dat ek 'n fokuspunt of onderwerp in die voorgrond wou hê en daar nie regtig iets was nie. Onnodig om te sê dat as enige iemand my daai oggend gesien het op en af hardloop op die strand, hulle seker lekker sou gelag het.
Kategorieë:
Plettenbergbaai,
sonopkoms / sonsondergang,
Tuinroete,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
9 Alguada Reef Dr, Plettenberg Bay 6600, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)
