Pages

Friday, June 1, 2012

Amfiteater

As iemand my moet vra om een deel van die Drakensberg te kies as my gunsteling, dan is dit die Amfiteater in die Koninklike Natalse Reservaat.  Die Amfiteater se muur staan oor die 5 kilometer lank en is omtrent 1,220 meter hoog oor sy hele lengte.  Die Tugelawaterval wat 984 meter oor die Amfiteater val is dan ook die tweede hoogste waterval in die wêreld.  Ons het so 'n paar jaar terug by Mahai in die park gekamp en kon die Amfiteater van omtrent al die wanderpaaie af sien.  Die gewildste wandelpad in die omgewing is die Tugelarafynstaptog ("Gorge Hike") wat mens al langs die rivier opvat in die rafyn tot by die voet van die muur.  Ongelukkig was dit bietjie reënerig gedurende ons besoek en 'n baie vol rivier het ons verhoed om al die pad op te stap.


No comments:

Post a Comment