Ek kan dit nie genoeg sê nie en julle sal dit nog seker baie hoor, maar mense is geneig om altyd vir die groot goed te soek en dan die klein dingetjies te mis. Klein dingetjies soos 'n eenvoudige slakdop op 'n blaar.
Tuesday, June 19, 2012
Slakdop
Monday, June 18, 2012
Voortrekkermonument
Die monument wat seker die naaste aan die hart van meeste Afrikaners in Suid-Afrika is is die Voortrekker Monument net buite Pretoria. Die veertig meter hoë monument is in 1949 voltooi en is gebou ter ere van die Voortrekkers wat die Kaapkolonie vanaf 1838 verlaat het en noord na die Vrystaat, die ou Transvaal (vandag Gauteng) en Natal (KwaZulu Natal) met al hulle besittings op ossewaens getrek het.
Kategorieë:
Gauteng,
monumente,
Pretoria,
Voortrekkers
Waar is die fotos geneem:
Monument St, Pretoria 0027, South Africa
Friday, June 15, 2012
Die padda wou gaan opsit...
Een van die heel eerste fotos wat ek geneem het toe ek my eerste digitale kamera gekoop het was 'n padda in 'n poel onder 'n waterval in die Tsitsikamma-nasionalepark. Elke keer as die na die foto kyk dan hoor ek die kinderliedjie van die padda wat wou gaan opsit. So sommer net vir snaaks wees plaas ek die liedjie se woorde.
Die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei,
maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry
aham aham aham
Hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur ,
die vuurvlieg sê toe ja teen ‘n sent ‘n uur
aham aham aham
Die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis ,
die huis in die vlei van mejuffou muis
aham aham aham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen,
het hy hierdie onstellende nuus verneem
aham aham aham
Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys,
hy sou moes opsit saam met padda en sy muis
aham aham aham
Die padda het die vuurvleig maar huistoe gestuur aham,
die padda het die vuurvlieg maar huistoe gestuur aham,
want ‘n opsit lig teen ‘n sent ‘n uur
en 'n luistervink daarby is gans te duur
aham aham aham
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei,
maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry
aham aham aham
Hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur ,
die vuurvlieg sê toe ja teen ‘n sent ‘n uur
aham aham aham
Die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis ,
die huis in die vlei van mejuffou muis
aham aham aham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen,
het hy hierdie onstellende nuus verneem
aham aham aham
Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys,
hy sou moes opsit saam met padda en sy muis
aham aham aham
Die padda het die vuurvleig maar huistoe gestuur aham,
die padda het die vuurvlieg maar huistoe gestuur aham,
want ‘n opsit lig teen ‘n sent ‘n uur
en 'n luistervink daarby is gans te duur
aham aham aham
Kategorieë:
diere,
liedjies / rympies,
reptiele,
Tsitsikamma,
Tsitsikamma nasionale park,
Tuinroete
Waar is die fotos geneem:
R102, South Africa
Wednesday, June 13, 2012
Sokkerstad
Sokkerstad, ook bekend as die FNB Stadion, in Johannesburg is die grootste stadion in Afrika en kan net minder as 95,000 mense akkommodeer. Die stadion is opgegradeer net voor die 2010 FIFA Wêreldbeker en het die bynaam Kalbas gekry omdat dit soos 'n tradisionele Afrikapot lyk.
Kategorieë:
Gauteng,
Johannesburg,
sport,
Stadions
Waar is die fotos geneem:
Fnb 1, Johannesburg South 2147, South Africa
Thursday, June 7, 2012
Wit Renosters
Dit is 'n hartseer realiteit dat die renosters in Suid-Afrika onder 'n hengse druk geplaas word as gevolg van stropers wat hulle skiet en die horings uitkap. Die horings word dan na die Ooste gesmokkel waar daar 'n groot aanvraag is omdat hulle dink die horings medisinale kragte het. Dis 'n baie hartseer situasie en as dit nie gou gestop word nie mag daar dalk geen renosters oor wees in hierdie land oor 10 jaar nie.
Die witrenoster (Ceratotherium simum) is nie regtig wit nie. Hy het 'n wye mond met 'n breë bolip wat hy gebruik om gras te wei en die Nederlanders het na hom verwys as die wydmondrenoster. Toe die Engelse na die Kaap gekom het het hulle die Nederlanders verkeerd verstaan en gedog hulle verwys na hom as die witrenoster. Die verskil tussen die witrenoster en swartrenoster is dat die swartrenoster (wat dieselfde kleur is) 'n gepuntde bolip het waarmee hy blare van takkies af trek en eet.
'n Volwasse witrenoster het 'n gemiddelde massa van 3 500 kg en 'n hoogte van ongeveer 160 cm. Sy voorste horing kan tot 158 cm lank word en sy tweede horing tot 56 cm. Die witrenoster kan 'n topspoed van 45 km/h behaal. Die wyfie is 18maande dragtig waarna 'n enkele kalfie gebore word. Witrenosters kan tot 45 jaar leef.
Tuesday, June 5, 2012
Verkleurmannetjies
Is dit net ek of sien mens nie meer so baie verkleurmannetjies soos in die verlede nie? Ek onthou hoe gereeld ons verkleurmannetjies in ons tuin gehad het toe ek 'n kind was, maar ek kan nie dink dat ek al een gesien het in die sewe jaar wat ek in my huidige huis bly nie. Hier onder is twee wat ek oor die laaste paar jaar teegekom het. Verskoon asseblief as die name nie perfek is nie.
.
.
Suidelike Dwergverkleurmannetjie gesien in Kragga Kamma Wildpark in Port Elizabeth
.
'n Knysna Dwergverkleurmannetjie wat ek in die Tsitsikamma raakgesien het
Friday, June 1, 2012
Amfiteater
As iemand my moet vra om een deel van die Drakensberg te kies as my gunsteling, dan is dit die Amfiteater in die Koninklike Natalse Reservaat. Die Amfiteater se muur staan oor die 5 kilometer lank en is omtrent 1,220 meter hoog oor sy hele lengte. Die Tugelawaterval wat 984 meter oor die Amfiteater val is dan ook die tweede hoogste waterval in die wêreld. Ons het so 'n paar jaar terug by Mahai in die park gekamp en kon die Amfiteater van omtrent al die wanderpaaie af sien. Die gewildste wandelpad in die omgewing is die Tugelarafynstaptog ("Gorge Hike") wat mens al langs die rivier opvat in die rafyn tot by die voet van die muur. Ongelukkig was dit bietjie reënerig gedurende ons besoek en 'n baie vol rivier het ons verhoed om al die pad op te stap.
Kategorieë:
berge,
Drakensberg,
Koninklike Natal Reservaat,
KwaZulu Natal,
staproetes
Waar is die fotos geneem:
A1, Lesotho
Subscribe to:
Posts (Atom)

+1.jpg)


.jpg)