'n Lantêring wag vir gaste op hulle aankoms by Camp Figtree in die Zuurberg na 'n wildsbesigtigingsrit in die Addo Olifant Nasionale Park.
Showing posts with label Addo Nasionale Olifantpark. Show all posts
Showing posts with label Addo Nasionale Olifantpark. Show all posts
Wednesday, February 27, 2013
Verwelkoming
Kategorieë:
Addo Nasionale Olifantpark,
lodge,
Ooskaap,
sonopkoms / sonsondergang
Waar is die fotos geneem:
Kirkwood, South Africa
Wednesday, May 9, 2012
Die klein dingetjies
Dis so maklik om as reisiger soveel op die groot dinge te konsentreer dat mens die klein goedjies miskyk. Gedurende 'n besoek aan Addo Elephant Back Safaris in die Zuurberge net langs die Addo Olifant Nasionale Park het ons onder andere saam met die olifante gaan stap. Terwyl hulle water gedrink het het ek hierdie skoenlappertjie langs die dammetjie gekry en hy het lank genoeg stilgesit sodat ek langs hom kon gaan lê om die foto te kry.
Saturday, April 21, 2012
Waar is die leeus?
Besoekers aan die Addo Olifant Nasionale Park word aangeraai om twee (of drie of vier) keer te kyk en seker te maak dat daar nie leeus in die omgewing is voor hulle by die uitkykpunt op Suurkop uitklim nie. Omdat die park die tuiste is van die Groot 5 - om die waarheid te sê dit is die enigste park in die wêreld wat kan sê hulle het die Groot 7 - is die kanse goed dat daar dalk 'n paar leeus êrens naby uithang. Chaos-Seun het besluit om vir homself te sien of daar dalk iets wegkruip.
Kategorieë:
Addo Nasionale Olifantpark,
Ooskaap,
wildreservaat
Waar is die fotos geneem:
R342, Addo Elephant National Park, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)
