Sonopkoms en sonsondergang fotos is van my gunsteling fotos om te neem. So rukkie terug het ons 'n naweek op Plettenbergbaai deurgebring. Dit was 'n bibberend koue oggend en ek het maar gesukkel om uit die bed te kom, maar wou graag op die strand wees vir sonopkoms. Dit was die moeite werd, want daardie oggend het ek van my gunsteling sonopkoms fotos geneem. Die enigste probleem was dat ek gevoel het dat ek 'n fokuspunt of onderwerp in die voorgrond wou hê en daar nie regtig iets was nie. Onnodig om te sê dat as enige iemand my daai oggend gesien het op en af hardloop op die strand, hulle seker lekker sou gelag het.
Showing posts with label Plettenbergbaai. Show all posts
Showing posts with label Plettenbergbaai. Show all posts
Friday, August 10, 2012
Plettenbergbaai sonopkoms
Kategorieë:
Plettenbergbaai,
sonopkoms / sonsondergang,
Tuinroete,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
9 Alguada Reef Dr, Plettenberg Bay 6600, South Africa
Friday, April 20, 2012
Die son kom op vir Raakreis
Sonopkoms in Plettenbergbaai met die Tsitsikammaberge in die verte
.
Wat beteken dit om raak te reis? Die antwoord is eintlik heel maklik. Dit beteken om op reis te wees en nie dinge te mis nie. Dit beteken om alles te sien wat die moeite werd is om te sien, of dit nou 'n bekende landmerk is of 'n klein en onbekende monument. Dit beteken om nie blindelings te reis nie, maar te verken sonder om na die tyd spyt te wees dat daar iets was wat jy nie gesien het nie. Wat is Raakreis? Raakreis is 'n trots Afrikaanse blog waarin ek graag my reis- en natuurfotografie sowel as reisinligting oor die plekke wat ek al besoek het (en nog sal besoek) met lesers wil deel. Waar kom Raakreis vandaan? Ek het in Julie 2008 begin blog toe The Firefly Photo Files die lig gesien het. In Maar 2009 het ek Port Elizabeth Daily Photo oorgevat en sederdien het ek 1064 artikels in eersgenoemde en 1131 is PEDP geplaas. Verlede week het iemand my in 'n epos gevra of die inligting in die blogs ook in Afrikaans beskikbaar is en dit het my aan die dink gesit. Sal mense belangstel in 'n Afrikaanse reisblog? Hoekom nie? Die belangrikste, het ek besluit, is dat dit nie net 'n vertaling van die ander blogs moet wees nie, maar iets wat heeltemal op sy eie staan. Terwyl ek baie keer in die ander blogs baie spesifieke inligting gee gaan Raakreis meer gaan oor hoe ek 'n plek ervaar het en wat jy as leser by 'n plek (of dit nou 'n dorp, roete, pad, park of wat ook al) kan verwag en kan sien. Verwag artikels soos "5 goed om in (waar ook al) te doen", My top 5 (wat ook al), inligting oor spesifieke plekke en fotos van landmerke, attraksies en baie ander dinge. Hierdie is waar die son opkom vir Raakreis, so geniet die rit en maak seker jy reis raak.
PS, ek wil net noem dat ek nie 'n professor in Afrikaans is nie en dat ek ook nie 'n sub-redakteur het wat die posts nagaan nie, so daar mag wel van tyd tot tyd taal- en spelfoute inglip (tien teen een meer gereeld as dit), so vergewe maar as dit gebeur.
Kategorieë:
Plettenbergbaai,
sonopkoms / sonsondergang,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
34 Rothersand Ave, Plettenberg Bay 6600, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)