Ek is nie 'n groot aanhanger van spinnekoppe nie, behalwe as ek na hulle kyk deur my kamera. Dan kom ek nogal verbasend naby. Op 'n besoek aan 'n kampterrein langs die Gamtoosrivier het ek een middag gaan stap om 'n paar sonsondergang fotos te neem. Langs die paadjie het ek iets vreemd opgelet en besluit om ondersoek in te stel. Wat van ver af soos 'n bol iets gelyk het was 'n hele zoer baba spinnekoppies.
Showing posts with label insekte. Show all posts
Showing posts with label insekte. Show all posts
Friday, October 12, 2012
Baba spinnekoppies
Kategorieë:
insekte
Waar is die fotos geneem:
R102, South Africa
Thursday, June 21, 2012
Die gezoem van die bye
Daar is 'n gesegde wat sê: "Gaan groot of gaan huis toe". Miskien het hierdie heuningby dit gedink op haar daaglikse nektar ronde. Hoekom nou in klein blommetjies gaan rondkrap as daar 'n perfekte goeie Koningsprotea is om in te gaan nektar versamel.
Tuesday, June 19, 2012
Slakdop
Ek kan dit nie genoeg sê nie en julle sal dit nog seker baie hoor, maar mense is geneig om altyd vir die groot goed te soek en dan die klein dingetjies te mis. Klein dingetjies soos 'n eenvoudige slakdop op 'n blaar.
Wednesday, May 9, 2012
Die klein dingetjies
Dis so maklik om as reisiger soveel op die groot dinge te konsentreer dat mens die klein goedjies miskyk. Gedurende 'n besoek aan Addo Elephant Back Safaris in die Zuurberge net langs die Addo Olifant Nasionale Park het ons onder andere saam met die olifante gaan stap. Terwyl hulle water gedrink het het ek hierdie skoenlappertjie langs die dammetjie gekry en hy het lank genoeg stilgesit sodat ek langs hom kon gaan lê om die foto te kry.
Subscribe to:
Posts (Atom)
.jpg)