Die Kango Wildlife Ranch in Oudtshoorn het 'n lang pad gekom van die dae toe dit net 'n krokodilplaas was. Alhoewel daar deesdae baie ander dinge is om te sien by hierdie bekende attraksie speel krokodille nog altyd 'n rol. By die Springende Kake (Jumping Jaws) word die krokodil uit die water uit gelok met 'n stuk vleis. Hy spring letterlik halflyf uit om die vleis te vat en terwyl dit gebeur staan besoekers met opgehoue asems om te sien of die gids darem met altwee sy arms gaan terugkom.
Showing posts with label Oudtshoorn. Show all posts
Showing posts with label Oudtshoorn. Show all posts
Monday, July 30, 2012
Springende krokedille
Kategorieë:
diere,
Klein Karoo,
krokodille,
Oudtshoorn,
toerisme attraksies,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
Baron Van Reede St, Oudtshoorn 6620, South Africa
Tuesday, July 24, 2012
Volstruise
As ek mag wil ek graag die lirieke van Groot Voël Paradys deur Jacques de Coning aanhaal om saam met hierdie foto te gaan.
Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,
los jou budgy by die huis en ek sal jou 'n groot voël wys.
Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,
Los jou mossie by die bossie en kom speel met my volstruis.
Kom sit hier op my skoot dan vertel ek vir jou,
van die grootste voël wat ek gesien het my vrou.
Dit was daar by die Klein Karoo Kunstefees,
as ek 'n voël kon kies dan sou dit daai een wees.
Daai voël se nek is so lank soos 'n paal,
en hy sit op twee eiers, 'n heerlike maal.
Maar as hy opstaan daai voël, dan is hy twee keer so groot,
so pasop as hy skop hy los 'n vreeslike knop.
Kategorieë:
Klein Karoo,
Oudtshoorn,
voëls,
volstruisplaas,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R328, South Africa
Monday, July 2, 2012
Volstruisresies
Hoeveel mense kan op hulle cv skryf dat hulle 'n professionele volstruisjoggie is? Nie baie nie, maar as jy hulle in aksie wil sien is die beste plek een of twee van die volstruisplase net buite Oudtshoorn. Die volstruisresies in die foto vind plaas by Safari Volstruisplaas 'n paar kilometer buite dié bekende Klein Karoo dorp.
Kategorieë:
Klein Karoo,
Oudtshoorn,
voëls,
volstruisplaas,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R328, South Africa
Monday, May 7, 2012
Swartberg plaashek
Suid-Afrika bied inwoners sowel as besoekers 'n ongelooflike verskeidenheid van landskappe om te verken, geniet en foto's van te neem. Hierdie foto is geneem oppad na die Swartbergpas vanaf Oudtshoorn.
Kategorieë:
berge,
Klein Karoo,
landskappe,
Oudtshoorn,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R328, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)

