Koningstrand is een van Port Elizabeth se bekendste en mees gewilde strande en strek van die hawemuur tot by die McArthur swembadkompleks. Die naam kom vanaf die Britse koninklike besoek van 1947 toe die koninklike trein langs die strand getrek is en 'n deel van die strand blykbaar omhein is vir die ekslusiewe gebruik van die koninklike familie. Die prinsesse het op die strand gaan perdry terwyl die koning ook daar gaan swem het. Plaaslik is begin om na die strand te verwys as die koning se strand en vandag is dit bekend as Koningstrand.
Showing posts with label Port Elizabeth. Show all posts
Showing posts with label Port Elizabeth. Show all posts
Tuesday, April 30, 2013
Koningstrand
Kategorieë:
kuslyn,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
strande
Waar is die fotos geneem:
Humewood Extention, Port Elizabeth, South Africa
Saturday, February 9, 2013
Donkin mosaïek op Roete 67
Een van die mooiste kunsstukke wat deel uitmaak van die nuwe Roete 67 kuns- en kultuurroete in Port Elizabeth is die reuse mosaïek op die Donkin Reservaat. Die moasïek wat deur studente aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit gedoen is verteenwoordig aspekte van die Ooskaap. Die sluit in diere, voëls, plante, mense en vele ander dinge. Route 67 bestaan uit 67 kunswerke wat die 67 jaar wat Nelson Mandela in die publieke oog deurgebring het verteenwoordig. Dit begin by die Campanile en eindig op die Donkin Reservaat met die kunswerke wat oral langs die roete gesien kan word.
Kategorieë:
kultuur,
kuns,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Port Elizabeth Central, Port Elizabeth, South Africa
Sunday, December 16, 2012
Lewer in die township
Ek is mal oor lewer, maar nie almal is groot aanhangers daarvan nie. In die townships is dit wel baie gewild en word verkoop op baie straathoeke waar kos gemaak en direk uit die potte aan verbygangers verkoop word. Onlangs het ek 'n toer vir 'n groep na New Brighton township in Port Elizabeth gereel en een van die stopplekke was 'n "wegneemete" hoek.
Hier het een van my kollegas 'n pot lewer en uie voorberei en alhoewel baie van die mense op die toer met opgetrekte wenkbroue daarna gekyk het het hulle gou ingespring en die bak leeggemaak. Ek het nog gehoop vir 'n laaste happie toe was daar net uie oor.
Kategorieë:
kos,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
townships
Waar is die fotos geneem:
65290 C Ave, Ibhayi 6200, South Africa
Monday, December 3, 2012
Klein treintjies
Op die eerste Sondag van die maand stroom baie families met klein (en ander met nie so klein) kinders na die Port Elizabeth Model Locomotive Society se maandelikse oop dag. Families staan al van vroeg af tou om op die treintjies te ry met veral die stoom lokomotiewe wat baie aftrek kry. Die rit vat wel net 'n paar minute, maar sluit in 'n tonnel, die Groot Grasrivier brug en 'n paar draaie deur die gronde in. En die beste van alles. Dit kos net ongeveer R6 per rit.
Kategorieë:
kinder aktiwiteite,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
treine,
vervoer
Waar is die fotos geneem:
33 Stella Londt Dr, Port Elizabeth 6045, South Africa
Tuesday, November 6, 2012
Sondagsrivier Veerboot
Colchester net buite Port Elizabeth is a rustige plekkie en is baie gewild met vakansiegangers en stadsjapies wat oor die naweek bietjie wil wegkom en die Sondagsrivier geniet. Behalwe die rivier is die twee ander groot aantreklikhede die Addo Nasionale Olifantpark wat se suidelike hek in Colchester uitkom en die reuse sandduine aan die ander kant van die rivier. Die Sondagsrivier Veerboot doen daaglikse ritte in die oggend and laat middag met die rivier af waarna mens teen die duine kan opklim om die fantastiese uitsig van bo af te geniet.
Kategorieë:
Ooskaap,
Port Elizabeth,
rivier,
toerisme attraksies
Waar is die fotos geneem:
N2, Port Elizabeth, South Africa
Wednesday, October 31, 2012
Steve Biko tronksel
Steve Biko is een van Suid Afrika se bekendste anti-apartheid aktiviste en is op 11 September 1977 oorlede nadat hy deur die polisie mishandel en aangerand is. Biko is naby Port Elizabeth gearresteer en in die Walmer Polisiestasie aangehou voor hy ondervra en aangerand is. Hy is agter in 'n voertuig gegooi en vervoer Pretoria toe waar hy oorlede is. Ek het onlangs die geleentheid gekry om die polisiesel te besoek waar hy in Walmer aangehou is en dink alhoewel dit nie aan die publiek oop is nie is dit regtig iets wat toeriste sal wil sien.
Kategorieë:
Ooskaap,
politieke geskiedenis,
Port Elizabeth
Waar is die fotos geneem:
124 Main Rd, Port Elizabeth 6065, South Africa
Wednesday, October 24, 2012
Donkin Reservaat na donker
Die Donkin Reservaat in Port Elizabeth het 'n mengsel van beide oud en modern. Die oud is die Donkin gedenkteken in die vorm van 'n piramide (1820) en die Donkin Vuurtoring (1861) terwyl die moderne aspek die nuwe kuns is wat deel vorm van Roete 67.
Kategorieë:
monumente,
nag,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
2 Molsonder St, Port Elizabeth 6001, South Africa
Tuesday, October 16, 2012
Perdemonument
Port Elizabeth is die tuiste van een van net twee monumente in die wêreld wat spesifiek opgesit is vir perde. Derduisende perde is na die Kaapkolonie gebring vir die Britse troepe wat in die Anglo Boereoorlog tussen 1899 en 1902 teen die Boeremagte geveg het. Die meeste van hierdie perde is deur Algoabaai ingebring en geskiedenis wys dat meer as 300,000 perde van siektes, uitputting en hongerte gesterf asook doodgeskiet is.
Daar was reeds in 1901 'n besluit geneem om 'n monument vir die perde op te rig en 'n dameskomitee is op die been gebring om fondse in te samel. Mev Harriet Meyer was aan die hoof van die komitee wat £800 versamel en Joseph Whitehead aangestel het om die standbeel te ontwerp en op te rig. Die monument is in 1905 op die hoek van Parkrylaan en Rinkstraat bekendgestel en in die 1950's na sy huidige posisie langs Kaapweg geskuif.
Die monument bestaan uit 'n Britse soldaat wat besig is om sy perd te versorg en die inskripsie daarop sê:
“The greatness of a nation depends not so much upon the number of its people or its territory,
as in the extent and justice of its compassion.”
as in the extent and justice of its compassion.”
Kategorieë:
Anglo Boereoorlog,
monumente,
Ooskaap,
Port Elizabeth
Waar is die fotos geneem:
4 Cape Rd, Port Elizabeth 6001, South Africa
Sunday, October 7, 2012
Nelson Mandelabaai Stadion
Die Nelson Mandelabaai Stadion in Port Elizabeth was een van die stadions wat voor die 2010 FIFA Wêreldbeker gebou is. Die 44 000 sitplek stadion het R1,1 miljard gekos (omtrent $150 miljoen) om te bou en is die eerste wêreldklas stadion in die Ooskaap. Die stadion is langs die Noordeindemeer geleë en het gou een van Port Elizabeth se uitstaan landmerke geword.
Die stadion maak vir 'n absoluut pragtige foto op aande wat daar 'n wedstryd plaasvind.
Die stadion is die tuisveld van beide die OP Kings (wat in die Currie Beker Eersteliga speel in 2012) en die Southern Kings (wat in 2013 in Super Rugby gaan speel) en het ook al gasheer gespeel vir die Springbokke in wedstryde teen Engeland en Nieu Zeeland. Dit is ook die gasheerstadion vir die Suid-Afrikaanse been van die Internasionale Rugbyraad se wêreld 7's toernooi. Behalwe vir rugby word daar ook van tyd tot tyd sokker gespeel. In 2010 het daar 8 wedstryde in die FIFA Wêreldbeker hier plaasgevind en daar sal ook wedstryde hier gespeel word in die 2013 Afrikabeker.
Kategorieë:
Ooskaap,
Port Elizabeth,
Stadions
Waar is die fotos geneem:
Lake View Rd, Port Elizabeth 6001, South Africa
Friday, July 27, 2012
Kaap Recife vuurtoring
Die Kaap Recife vuurtoring is op 1 April 1851 in gebruik geneem en staan net buite Port Elizabeth op die westelike punt van Algoabaai. Kaap Recife is die draaipunt in Algoabaai in en word verskriklik gevaarlikste geag as gevolg van Thunderbolt-rif wat oor die eeue al verskeie bote en skepe geëis het. Die rif self is vernoem na die HMS Thunderbolt wat in 1847 daar op die rotse geloop het. The vuurtoring is 24 meter hoog en die lig is 4 000 000 kerskrag sterk. Hy flits elke 30 sekondes en kan 29 seemyl ver gesien word.
Kategorieë:
natuurreservaat,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Marine Dr, Port Elizabeth 6011, South Africa
Sunday, July 15, 2012
Kaap Recife Natuurreservaat
Die Kaap Recife Natuurreservaat in Port Elizabeth beslaan omtrent 370 hektaar om die westelike punt van Algoabaai. Die reservaat is idiaal vir voëlkyk beide aan die kus en om die waterherwinningspoele. Die beste manier om die reservaat te verken is om op die 9km lange Roseate Tern wandelroete gaan. Die roete begin by SAMREC (South African Marine Rehabilitation and Education Centre), 'n pikkewyn reddingssentrum, voor dit by die waterherwinningspoele verby gaan. Die roete lei dan deur plantbedekte sandduine en verby 'n uitkykpos wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer. Langs die kus sluit die roete die Kaap Recife vuurtoring in wat in 1851 gebou is en stap jy al langs die kus af terug tot by SAMREC.
Kategorieë:
kuslyn,
natuurreservaat,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Marine Dr, Port Elizabeth 6011, South Africa
Tuesday, May 1, 2012
Kaap Recife sonopkoms
Kategorieë:
Ooskaap,
Port Elizabeth,
sonopkoms / sonsondergang,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Marine Dr, Port Elizabeth 6011, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)








