Een van die mooiste kunsstukke wat deel uitmaak van die nuwe Roete 67 kuns- en kultuurroete in Port Elizabeth is die reuse mosaïek op die Donkin Reservaat. Die moasïek wat deur studente aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit gedoen is verteenwoordig aspekte van die Ooskaap. Die sluit in diere, voëls, plante, mense en vele ander dinge. Route 67 bestaan uit 67 kunswerke wat die 67 jaar wat Nelson Mandela in die publieke oog deurgebring het verteenwoordig. Dit begin by die Campanile en eindig op die Donkin Reservaat met die kunswerke wat oral langs die roete gesien kan word.
Showing posts with label vuurtorings. Show all posts
Showing posts with label vuurtorings. Show all posts
Saturday, February 9, 2013
Donkin mosaïek op Roete 67
Kategorieë:
kultuur,
kuns,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Port Elizabeth Central, Port Elizabeth, South Africa
Tuesday, November 13, 2012
Kaappunt se vuurtorings
Kaappunt in die Kaap van Goeie Hoop Natuurreservaat is seker een van die plekke wat die meeste besoekers ontvang in Suid Afrika. Alhoewel Kaappunt nie die mees suidelikste punt in Afrika is nie, is dit die suidelikste punt van die Kaapse Skiereiland en een van die plekke waarheen besoekers gaan as hulle om die Skiereiland toer. Die ou Kaappuntvuurtoring by Kaap Maclear is een van twee vuurtorings by Kaappunt en kan bereik word deur of die trappies te klim of die makliker opsie wat die Vlieënde Hollander kabelbaan is te gebruik. Die ou vuurtoring is op 1 Mei 1860 opgerig op 'n hoogte van 249 meter bo seevlak. Die toring was egter te hoog en is gereeld in die mis waar dit dan nie deur skepe gesien kon word nie. Nadat die Lusitania, 'n Portugese skip, op 18 April 1911 gestrand het, is daar besluit om 'n nuwe toring op te rig.
Wanneer mens opgeklim het tot by die ou vuurtoring kan jy Kaappunt self met sy loodregte kranse sien waar dit afreik tot waar die see op die rotse breek.
Reg onder op Dias Punt is die "nuwe" Kaappuntvuurtoring. Die hoeksteen van die nuwe toring is op 25 April 1914 gelê, maar dit is eers na die Eerste Wêreldoorlog voltooi en in gebruik geneem. Die toring se lamp wat omtrent 87 meter bo seevlak lê is teen sonsondergang op 11 Maart 1919 deur 'n driejaaroue meisie, Thurl Cooper, dogter van die die vuurtoring ingenieur H.C. Cooper, aangesteek. Die nuwe Kaappuntvuurtoring is die kragtigste in Suid-Afrika en die 10 000 000 kerskrag lig flits drie keer elke dertig sekondes.
Kategorieë:
Kaapstad,
kuslyn,
natuurreservaat,
Tafelberg Nasionale Park,
vuurtorings,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
Cape Point, Table Mountain National Park, Cape Town, South Africa
Wednesday, October 24, 2012
Donkin Reservaat na donker
Die Donkin Reservaat in Port Elizabeth het 'n mengsel van beide oud en modern. Die oud is die Donkin gedenkteken in die vorm van 'n piramide (1820) en die Donkin Vuurtoring (1861) terwyl die moderne aspek die nuwe kuns is wat deel vorm van Roete 67.
Kategorieë:
monumente,
nag,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
2 Molsonder St, Port Elizabeth 6001, South Africa
Friday, July 27, 2012
Kaap Recife vuurtoring
Die Kaap Recife vuurtoring is op 1 April 1851 in gebruik geneem en staan net buite Port Elizabeth op die westelike punt van Algoabaai. Kaap Recife is die draaipunt in Algoabaai in en word verskriklik gevaarlikste geag as gevolg van Thunderbolt-rif wat oor die eeue al verskeie bote en skepe geëis het. Die rif self is vernoem na die HMS Thunderbolt wat in 1847 daar op die rotse geloop het. The vuurtoring is 24 meter hoog en die lig is 4 000 000 kerskrag sterk. Hy flits elke 30 sekondes en kan 29 seemyl ver gesien word.
Kategorieë:
natuurreservaat,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Marine Dr, Port Elizabeth 6011, South Africa
Wednesday, July 18, 2012
Groenpunt
Wanneer mens in 'n stad woon is daar niks lekkerder as om uit die stad uit weg te kom nie, maar dis nie altyd moontlik nie. Die volgende beste opsie is om op 'n strand, 'n park of natuurarea in die stad te gaan stap. Al drie Suid-Afrika se groot kusstede het baie gewilde wandelroetes langs hulle onderskeie strandfronte. Dit maak nie saak op watter strandfront jy stap nie, elkeen het sy eie bekoring, pragtige uitsigte en verskillende besienswaardighede. Die Kaapstadse strandfront kyk meesal uit oor Valsbaai met die berg in die agtergrond. Die foto is geneem vanaf Seepunt en kyk terug na Groenpunt met die Groenpuntvuurtoring aan die regterkant.
Kategorieë:
Kaapstad,
kuslyn,
vuurtorings,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
300 Beach Rd, Cape Town 8060, South Africa
Sunday, July 15, 2012
Kaap Recife Natuurreservaat
Die Kaap Recife Natuurreservaat in Port Elizabeth beslaan omtrent 370 hektaar om die westelike punt van Algoabaai. Die reservaat is idiaal vir voëlkyk beide aan die kus en om die waterherwinningspoele. Die beste manier om die reservaat te verken is om op die 9km lange Roseate Tern wandelroete gaan. Die roete begin by SAMREC (South African Marine Rehabilitation and Education Centre), 'n pikkewyn reddingssentrum, voor dit by die waterherwinningspoele verby gaan. Die roete lei dan deur plantbedekte sandduine en verby 'n uitkykpos wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer. Langs die kus sluit die roete die Kaap Recife vuurtoring in wat in 1851 gebou is en stap jy al langs die kus af terug tot by SAMREC.
Kategorieë:
kuslyn,
natuurreservaat,
Ooskaap,
Port Elizabeth,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Marine Dr, Port Elizabeth 6011, South Africa
Tuesday, May 1, 2012
Kaap Recife sonopkoms
Kategorieë:
Ooskaap,
Port Elizabeth,
sonopkoms / sonsondergang,
vuurtorings
Waar is die fotos geneem:
Marine Dr, Port Elizabeth 6011, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)


