Die Knysnakoppe by Knysna in die Weskaap is een van Suid Afrika se bekendste natuurlike landmerke en word gereeld in reistydskrifte en brosjures gesien. Die Koppe is ook een van die gevaarlikste ingange tot 'n natuurlike hawe in die wêreld met menige bote wat al hier deur die branders omgeslaan is of op die rotse geloop het.
Showing posts with label landskappe. Show all posts
Showing posts with label landskappe. Show all posts
Monday, September 10, 2012
Knysnakoppe
Kategorieë:
Knysna,
kuslyn,
landskappe,
Tuinroete,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
4 View Point, Knysna 6571, South Africa
Friday, May 25, 2012
Golden Gate
Een van Suid-Afrika se bekendste nasionale park landmerke is die Brandberg in die Golden Gate Hoogland-nasionale park in die Oos-Vrystaat. Maak nie saak of dit wit gesneeu is in die winter of gras groen is in die vroeë somer nie, dis altyd 'n welkom gesig vir reisigers oppad uit die Vrystaat na KwaZulu Natal se kant toe. Maar moenie net deurry nie, stop vir 'n dag of twee en verken die area.
Kategorieë:
Golden Gate Hoogland-nasionale park,
landskappe,
Vrystaat
Waar is die fotos geneem:
R712, Golden Gate Highlands National Park, South Africa
Thursday, May 17, 2012
Tsitsikamma kuslyn
Die Tsitsikamma, plek van baie water, is sonder twyfel een van Suid-Afrika se asemrowendste streke. Digte groen inheemse woude waar woudreuse van oor die 800 jaar oud staan word van die blou see geskei deur loodregte kranse. 'n Ongerepte kuslyn met wit skuimende branders wat hulleself te pletter slaan op swart rotse. Dolfyne en walvisse, otters in 'n sloep, luiperds teen die berg en die skugter Knysnaloerie wat tussen die boomtoppe rondbeweeg. Stories van houtkappers uit die ou dae, olifantvoetpaaie en wie weet, miskien 'n bosgees of twee. Duidelik een van die mooiste en aanloklikste landskappe aan ons land se kus.
Kategorieë:
kuslyn,
landskappe,
Ooskaap,
Tsitsikamma,
Tuinroete
Waar is die fotos geneem:
R102, South Africa
Monday, May 7, 2012
Swartberg plaashek
Suid-Afrika bied inwoners sowel as besoekers 'n ongelooflike verskeidenheid van landskappe om te verken, geniet en foto's van te neem. Hierdie foto is geneem oppad na die Swartbergpas vanaf Oudtshoorn.
Kategorieë:
berge,
Klein Karoo,
landskappe,
Oudtshoorn,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R328, South Africa
Wednesday, April 25, 2012
Karoostorm
Party mense vind die baie vervelig om deur die Karoo te reis, maar vir meeste het die groot ooptes met die weie blou hemel bokant 'n spesiale aantrekking. Na 'n warm somers dag kan 'n donderstorm baie gou opsteek soos hier net buite Steynsburg in the Ooskaap. Die twee Karookoppies in die agtergrond is Teebus en Koffiebus omtrent 10km buite die dorp. Die "bus" is blykbaar ou Nederlands vir pot en die naam kom van die feit dat hulle soos 'n teepot en koffiepot in die verte lyk. Teebus aan die linkerkant is die smaller een van die twee koppies terwyl Koffiebus breër is.
Kategorieë:
Karoo,
landskappe,
Ooskaap
Waar is die fotos geneem:
R56, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)
