Driehonderd jaar gelede het die inheemse woude van die Suidkaap al die pad van omtrent Mosselbaai tot by Humansdorp in die ooste gestrek. Gedurende die laat 18de en die 19de eeu is groot dele van die woude afgekap om die aanvraag van hout vir die bou van skepe, die spoorweë, geboue en meubels te bevredig. Dit gepaart met die groot vuur van 1869 en moderne ontwikkeling het daartoe gelei dat daar vandag net 'n klein persentasie van die oorspronklike woud oor is met die grootste dele in die Knysna en Tsitsikamma omgewings. Die meeste van hierdie oorblywende woude word vandag streng beskerm en val binne die Tuinroete-nasionale park. Die Plaatbos Natuurreservaat seksie van die woud is geleë in die Stormsrivier area aan die oostekant van die park.
Wednesday, July 4, 2012
Tsitsikamma inheemse woud
Kategorieë:
Ooskaap,
Tsitsikamma nasionale park,
Tuinroete,
Tuinroete-nasionale park,
woude
Waar is die fotos geneem:
36 Darnell St, Stormsrivier 6308, South Africa
Monday, July 2, 2012
Volstruisresies
Hoeveel mense kan op hulle cv skryf dat hulle 'n professionele volstruisjoggie is? Nie baie nie, maar as jy hulle in aksie wil sien is die beste plek een of twee van die volstruisplase net buite Oudtshoorn. Die volstruisresies in die foto vind plaas by Safari Volstruisplaas 'n paar kilometer buite dié bekende Klein Karoo dorp.
Kategorieë:
Klein Karoo,
Oudtshoorn,
voëls,
volstruisplaas,
Weskaap
Waar is die fotos geneem:
R328, South Africa
Friday, June 29, 2012
Nelson Mandela Square
Nelson Mandela Square is geleë in die hartjie van Sandton, Johannesburg en die fokuspunt van Nelson Mandela Square is 'n ses meter hoë brons standbeeld van die bekende staatsman homself. Die standbeeld is in 2004 onthul om nie net die tiende verjaardag van Sandton City winkelsentrum te vier nie, maar ook 10 jaar van demokrasie.
Die standbeeld self staan nie net ses meter hoog nie, maar weeg ook 2,5 ton. Ek wonder of Kobus Hatting en Jacob Maponyane, die kunstenaars verantwoordelik vir die standbeeld, ooit gedink het dat dit seker die mees gefotografeerde standbeeld in Suid-Afrika sou word.
Kategorieë:
Gauteng,
Johannesburg,
standbeeld
Waar is die fotos geneem:
0-163 5th St, Sandton 2031, South Africa
Tuesday, June 26, 2012
Sweef teen sonop met 'n Warmlugballon
Ahhhhhh, om rustig te sweef deur die lug terwyl die son opkom in die ooste. Die stilte word net gebreek deur die klank van die vlam wat kort kort meer warm lug in die ballon inblaas. 'n Uitsig soos min met plaaswerkers wat oppad is lande toe doer onder jou and die Hartebeespoortdam wat glinster in die verte. Daar is bitter min dinge wat naby kom aan 'n warmlugballon vlug saam met die legendariese Bill Harrop homself.
Ek moet eerlik wees en sê dat 'n vlug op 'n warmlugballon nie regting op by bucketlist was nie omdat ek hoogtevrees het, maar toe ek die kans kry om op 'n vlug te gaan het ek nie nee gesê nie. Die eerste deel van die vlug het ons reedelik laag gevlieg en vir my was dit die lekkerste deel van die vlug. Diep in my hart het het bebid dat ons nie regtig baie hoër sal gaan nie, maar ek het geweet dat dit uiteindelik sal kom.
En dit het. Ek kon hoor die ander mense in die mandjie was baie opgewonde toe Bill aankondig dat dit nou tyd is om bietjie hoogte te kry. Ek was nie heeltemal so seker nie. Op, op, op het ons gegaan en op 'n stadeem het ons 1000 meter bo die grond gesweef. My vingers al hoe dieper in die mandjie se rand probeer indruk en my hart het in my keel geklop. Maar die adrenalien het gepomp and ek het dit darem reggekry om een of twee fotos daar van bo af te neem.
Vir 'n uur of so het ek gevoel soos 'n arend wat op die lugstrome sweef, maar voor jy dit weet stryk ons neer en pik die ondersteuningsvoertuig ons op op betyds terug te wees vir ontbyt. Dit was regtig 'n wonderlikke ervaring om te onthou en oor en oor vir mense van te vertel. Iets wat ek enigetyd weer sal doen.
Kategorieë:
Gauteng,
Noordwes,
sonopkoms / sonsondergang,
vervoer
Waar is die fotos geneem:
R401, South Africa
Thursday, June 21, 2012
Die gezoem van die bye
Daar is 'n gesegde wat sê: "Gaan groot of gaan huis toe". Miskien het hierdie heuningby dit gedink op haar daaglikse nektar ronde. Hoekom nou in klein blommetjies gaan rondkrap as daar 'n perfekte goeie Koningsprotea is om in te gaan nektar versamel.
Tuesday, June 19, 2012
Slakdop
Ek kan dit nie genoeg sê nie en julle sal dit nog seker baie hoor, maar mense is geneig om altyd vir die groot goed te soek en dan die klein dingetjies te mis. Klein dingetjies soos 'n eenvoudige slakdop op 'n blaar.
Monday, June 18, 2012
Voortrekkermonument
Die monument wat seker die naaste aan die hart van meeste Afrikaners in Suid-Afrika is is die Voortrekker Monument net buite Pretoria. Die veertig meter hoë monument is in 1949 voltooi en is gebou ter ere van die Voortrekkers wat die Kaapkolonie vanaf 1838 verlaat het en noord na die Vrystaat, die ou Transvaal (vandag Gauteng) en Natal (KwaZulu Natal) met al hulle besittings op ossewaens getrek het.
Kategorieë:
Gauteng,
monumente,
Pretoria,
Voortrekkers
Waar is die fotos geneem:
Monument St, Pretoria 0027, South Africa
Subscribe to:
Posts (Atom)






.jpg)
